Post Header
Om ons sekuriteit en onderhoudbaarheid te verbeter, het ons die hele kode vir die Archive of Our Own - AO3 (Argief van Ons Eie) intekening opgeknap. Soos ons voorheen aangekondig het, het hierdie opknapping veroorsaak dat alle gebruikers uitgeteken is. As u, u gebruikersnaam en wagwoord ken, behoort u soos normaal te kan inteken. Hier is a paar dinge om op te let en na te gaan indien u probleme ondervind:
Het u by u profiel ingeteken deur gebruik te maak van die skakel in u registrasie-bevestigings-epos?
As u onlangs aangesluit het by die AO3 familie en sukkel om in te teken, maak asseblief seker dat u, u profiel geaktiveer het! U sou ‘n registrasie-bevestigings-epos binne 24 uur gekry het vanaf [email protected], met ‘n skakel om u profiel te aktiveer. Die aktiverings-epos word gewoonlik direk na die skep van ‘n profiel ontvang, maar sommige epos-verskaffers kan die epos op ‘n merkwaardige wyse vertraag.
Sodra u, u profiel geaktiveer het, sal ‘n aktivering-bevestigings-epos aan u gestuur word, vanaf dieselfde epos adres: [email protected]. Wat soms gebeur is dat hierdie eposse verlore raak in die strooipos filters of die outomatiese in-boks sortering, so maak seker dat dit nie in een van hierdie lêers is nie. As u nie u aktiveringsversoek of u aktivering-bevestigings-epos kan opspoor nie en die nodige 24 uur het verval nadat u geregistreer het, kontak ons Ondersteuningskomitee en vra dat een van ons administreerders die profiel namens u aktiveer.
Indien u met u gebruiksnaam probeer inteken, is dit korrek?
Om seker te maak u gebruiksnaam bestaan en behoort aan u, gaan na u webblaaier en tik die volgende in: https://archiveofourown.org/users/USERNAME, vervang "USERNAME" met u gebruiksnaam. As die rekening bestaan dan sal die bladsy u neem na die Dashboard (paneelbord). Hier kan u seker maak dat die ikoon, profiel inligting of die publieke werke en boekmerke vir die rekening aan u behoort.
Asseblief neem kennis dat gebruikersname slegs bestaan uit klein- en grootletters van A-Z, nommers en onderstrepe (_)
Indien u probeer inteken met u epos, is dit korrek?
As u meer as een epos adres het, sal dit help om die volgende te doen: gaan na New Password (Nuwe Wagwoord) bladsy, tik u epos address in en kliek dan op "Reset Password" (Herstel Wagwoord). As die epos wat u ingetik het, nie geassosieer is met die rekening nie, sal u ‘n ‘foutief’ boodskap sien en geen epos sal gestuur word nie.U kan dit doen met al u eposse om te sien watter een u oorspronklik vir u AO3 rekening gebruik het.
U sal dan met u gewone wagwoord kan inteken, selfs na ‘n herstel epost gestuur is (ignoreer die epos dan).
Is u wagwoord korrek?
As u bepaal het dat u gebruikersnaam of epos waarmee u probeer inteken korrek is, kan die fout by u wagwoord lê. Voltooi die vorm op New Password bladsy en ‘n skakel sal aan u gestuur word wat u sal toelaat om u wagwoord te verander.
As u nie die epos binne 24 uur ontvang het nie, kyk in u spam lêer of in u automatiese sortering boks. Die epos sal die volgende onderwerp benaming bevat: "[AO3] Reset your password" (Herstel Wagwoord).
Aangepas (28 Desember, 10:43 UTC):
As gevolg van veranderinge aan die manier wat wagwoorde skoongemaak word sal u, u wagwoord moet herstel as dit voorheen die < of > karakters bevat het. (U kan nogsteed die < en > gebruik in u wagwoord, dit moet net opgedateer word op ons nuwe sisteme.)
Sit u weblaaier of ‘n wagwoord bestuurder u gebruikersnaam/wagwoord outomaties in?
Indien u gebruik maak van u weblaaier se outomatiese voltooiing of ‘n wagwoord bestuurder om in AO3 in te teken, kan dit wees dat die bestaande gebruikersnaam/wagwoord kombinasie inkorrek is. Om seker te maak, vee die bestaande kombinasie uit en tik u besonderhede van voor af in. Tik dit uit met die hand en opdateer u rekords om dieselfde probleem in die toekoms te verhoed.
Het u probeer om u blaaier se koekies uit te vee?
Soms kan inteken-probleme veroorsaak word deur korrupte of waningestelde koekies. Koekies kan daartoe lei dat ‘n ‘foutief’ boodskap verskyn wat aandui dat die gebruikersnaam en wagwoord wat u ingetik het, nie dieselfde as die rekords op ons sisteem is nie, al is dit korrek. Wat ook kan gebeur is ‘n kondisie waar u ‘n boodskap kry dat u suksesvol ingeteken het, maar u is eintlik nie ingeteken nie. Om seker te maak dat u koekie stellings u nie verhoed om toegang tot die AO3 te kry nie, maak seker u blaaier aanvaar koekies van AO3, en maak vorige koekies toe voor u weer probeer inteken.
Instruksies vir die bestuur van koekies verskil van blaaier tot blaaier, maar hier is ‘n paar skakels om u te help:
- Firefox: Checking Cookie Settings and Clearing Cookies
- Chrome: Clear, enable, and manage cookies in Chrome
- Internet Explorer: Delete and manage cookies
- Edge: Delete cookies
- Safari:
- Opera: Clear browsing data and Manage cookies in pages
Het u probeer om die blaaier se uitbreidings/byvoegings af te skakel?
Soms kan blaaier uitbreidings en byvoegings inmeng met die inteken-proses. Om seker te maak u instellings keer u nie om in te teken nie, skakel alle addisionele sagteware wat saam met u blaaier gaan, af, deur een van die volgende skakels te volg:
- Firefox: Disable or remove Add-ons
- Chrome: Install and manage extensions
- Internet Explorer: Manage add-ons in Internet Explorer
- Edge: Adding, moving, and removing extensions for Microsoft Edge
- Safari: Install and manage Safari extensions on your Mac
- Opera: Extensions
Het u probeer om met ‘n ander blaaier of toestel in te teken?
Indien u suksesvol by AO3 kan inteken met die gebruik van alternatiewe metodes, lê die probleem waarskynlik by u blaaier of toestel eerder as u AO3 profiel. Indien hierdie die geval is stel on voor dat u die bogenoemde stappe volg in u gekose blaaier. As u nogsteeds onsuksesvol is, lig ons in oor enige sulke probleme deur ons Ondersteuningskomitee te kontak sodat ons verdere ondersoek kan instel. Onthou asseblief om inligting oor die blaaiers(s) en toestel(le) wat u reeds probeer het in te sluit, sowel as die probleem self.
Het u al die bogenoemde probeer maar is nogsteeds nie in staat om in te teken nie?
As u al die bogenoemde probeer het, maar nogsteeds nie in staat is om in te teken nie, gebruik asseblief die volgende om direk in kontak te kom met ons Ondersteuningskomitee. Moet asseblief nie enige profiel inligting deel in die kommentaar afdeling van hierdie inskrywing nie, aangesien alle kommentaar tot die publiek beskikbaar is en gesien kan word deur enige persoon wat toegang het tot hierdie bladsy. Kommentaar wat profiel inligting bevat sal by voorbaat verwyder word, sonder terugvoering.
Soos altyd, onthou asseblief om soveel besonderhede as moontlik oor die spesifieke probleem wat u ondervind deur te gee, insluitend enige ‘foutief’ boodskappe wat ontvang is en u blaaier/ toestel konfigurasies, sodat ons die mees effektiewe oplossings kan vind. Dui ook asseblief aan watter van die bogenoemde stappe u gevolg het, sodat ons daardie stappe kan uitskakel.