AO3 News

Post Header

Published:
2021-08-24 21:13:33 UTC
Original:
Upcoming limit on tags per work
Tags:

In die komende dae sal ons 'n kodeverandering in die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) implementeer wat die totale aantal fandom, karakter, verhouding en addisionele etikette wat by 'n werk gevoeg kan word, beperk. Hierdie beperking van 75 etikette sal van toepassing wees op nuwe en bestaande werke, maar geen etikette sal outomaties van bestaande werke verwyder word nie.

Waarom 'n beperking op etikette?

Die beperking op etikette sal:

  • help om werkbeskrywings 'n redelike lengte te hou, wat die ervaring om werklyste deur te gaan sal verbeter, en
  • skeppers aanmoedig om die belangrikste elemente van hul werke te merk, wat die kwaliteit van soekresultate sal verbeter.

Hoekom 75 etikette?

Ons het na al die werke op AO3 gekyk en bepaal dat:

  • die gemiddelde aantal etikette per werk 17 is,
  • die mees algemene aantal etikette per werk 11 is, en
  • minder as 0,5% van werke meer as 75 etikette het.

'n Beperking van 75 etikette in totaal vir fandom, karakter, verhouding en addisionele etikette per werk sal die oorgrote meerderheid van skeppers genoeg ruimte bied om die inhoud van hulle werke te beskryf terwyl werkbeskrywings tot 'n hanteerbare grootte gehou word.

Waarom tel graderings, kategorieë en waarskuwings nie as deel van die limiet nie?

Graderings, kategorieë en waarskuwings het alklaar beperkings van hul eie. 'n Werk kan net een gradering hê, en die aantal kategorieë en waarskuwings word beperk deur die aantal opsies wat voorsien word op die plaasvorm.

Wat moet ek doen as ek agterkom iemand anders se werk het meer as 75 totale fandom, karakter, verhouding en addisionele etikette?

Niks! Werke wat die etiketlimiet oorskry, oortree nie die Diensvoorwaardes (in Engels) nie en moet nie aan die Beleidsmisbruik- of Ondersteuningkomitee aangemeld word nie.

Wat gebeur met werke wat alklaar geplaas is met meer as 75 totale fandom, karakter, verhouding en addisionele etikette?

Niks! Die werk sal al sy etikette behou.

As die werkskepper egter die werk wil redigeer of 'n hoofstuk wil byvoeg, sal hulle van hul fandom, karakter, verhouding en/of addisionele etikette moet verwyder voordat hulle hul veranderinge kan stoor. ('n Foutboodskap sal vir die skepper wys hoeveel etikette verwyder moet word.)