AO3 News

Post Header

Published:
2023-02-06 00:51:02 UTC
Original:
Introducing the ability to mute users
Tags:

In ons voortdurende pogings om u meer hulpmiddels te gee waarmee u u Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) ervaring kan kureer, stel ons 'n nuwe koppelvlak in werking wat u toelaat om inhoud deur spesifieke gebruikers weg te steek.

Blok- en Demfunksies: 'n Opknappingskursus

Ons sal twee stelle funksies implementeer om gebruikers te help om hul eie ervarings saam te stel en wat sal dien as 'n laag beskerming teen teistering, sonder om dit moeiliker te maak vir mense om inhoud op die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) te skep en daarop te reageer:

  • Blokfunksie, wat sekere gebruikers sal verhoed om met u te kommunikeer.
  • Dempfunskie, wat inhoud deur sekere gebruikers by u persoonlike AO3 ervaring sal uitsluit.

Omdat dit 'n massiewe onderneming sou wees om hierdie konsepte gelyktydig toe te pas op al die AO3 se talle en dikwels gekoppelde funksies, volg ons 'n trapsgewyse benadering wat u sal toelaat om gebruikers in sommige plekke te blok en te demp terwyl ons elders werk.

U het reeds die vermoë om spesifieke gebruikers te blok sodat hulle nie kommentaar op u werke kan lewer of op u kommentaar kan antwoord nie; nou sal u ook die vermoë hê om gebruikers se werke, boekmerke en kommentaar weg te steek.

Wat doen die dempfunksie?

Hoewel ons beplan om die funksionaliteit in toekomstige opdaterings uit te brei, sal u tans die volgende wegsteek as u 'n gebruiker demp:

  • werke wat hulle geskep het (of die mede-skepper van is) in soek resultate en etiket-lyste (u kan steeds toegang tot die werke verkry as u 'n direkte skakel het)
  • boekmerke wat hulle geskep het
  • ander gebruikers se boekmerke van hulle werke of reekse
  • kommentaar wat hulle gelos het

Ons gaan dit doen deur outomaties 'n stuk CSS te genereer wat die relevante inhoud uit u sig sal verwyder. Dit sal die inhoud ook wegsteek van bystandstegnologie soos skermlesers. Terwyl u dit reeds met 'n voorkomsvel kon doen, vra hierdie nuwe funksie net vir 'n gebruikersnaam en doen die res self.

Aangesien dit alles met voorskomsvelle gedoen word, mag syfers bo-aan soekresultate of in etiket-filters (wat deur ons soekenjin verskaf word) verskil van die aantal werke wat aan u voorgelê word. Ons vervang ook nie inhoud van gedempte gebruikers met leë ruimte, plekhouer teks, of enige ander teken dat iets weggesteek is nie.

Die paneelbord van 'n gebruiker wie u gedemp het sal geen inhoud onder die Recent works (Onlangse werke), Recent series (Onlangse reekse) en Recent bookmarks (Onlangse boekmerke) opskrifte wys nie.

Hoe demp ek gebruikers?

'n "Mute" (Demp)-knoppie sal by die gebruiker- en skuilnaam-paneelborde, sowel as gebruikerprofiele, gevoeg word. Dit sal verander in 'n "Unmute" (Ontdemp)-knoppie wanneer dit geaktiveer word, sodat u maklik u keuse kan omkeer.

Die Demp-knoppie sal saam met die Subscribe (Skryf in) en Block (Blok)-knoppies onder die gebruikersnaam op 'n paneelbord-bladsy verskyn.

Ons verskaf ook 'n koppelvlak om u gedempte gebruikers te bestuur: die Muted Users (Gedempte Gebruikers) bladsy. Dit laat u toe om gebruikers by u lys te voeg en te verwyder. 'n Gedempte gebruiker sal gedemp bly selfs al verander hulle hul naam.

Die Gedempte Gebruikers bladsy beskryf wat die dempfunskie doen en laat u toe om bykomende gebruikers te demp deur gebruik te maak van 'n klein vorm. Dit lys ook gebruikers wie u gedemp het en gee 'n opsie om hulle te ontdemp.

Vanaf hierdie bladsy kan u ook maklik toegang kry tot u lys van geblokte gebruikers om hulle apart te bestuur.

Ander opsies

Behalwe vir ons blok- en dempfunksies, is daar 'n verskeidenheid bestaande maniere om u AO3 ervaring te beheer, insluitend ingeboude voorkeure en derdeparty hulpmiddels. U kan ook 'n voorkomsvel gebruik om spesifieke werke, boekmerke, of reekse te demp.