Post Header
Noudat die 2024-verkiesing verby is, is ons bly om ons kiesersdeelname-statistiek met u te deel!
Vir die 2024-verkiesing het ons 'n totaal van 14 959 stemgeregtigde kiesers gehad. Hiervan het 3 415 kiesers gestem, wat 22,8% van die moontlike kiesers verteenwoordig.
Ons kiesersdeelname is laer as dié van laasjaar, wat 'n deelname van 27,8% gehad het.
Ons het ook 'n afname in die aantal stemme gesien, van 4 247 na 3 415, wat 'n afname van -19,6% verteenwoordig.
Die Verkiesingskomitee is toegewy daaraan om aan te hou om ons stemgeregtigde lede te bereik en hulle aan te moedig om in verkiesings te stem. Diegene wat tot die Raad van Direkteure verkies word, kan 'n belangrike invloed op die langtermyngesondheid van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se projekte hê en ons wil hê dat ons lede 'n sê daarin het.
Vir diegene wat belangstel in die aantal stemme wat elke kandidaat ontvang het, neem asseblief kennis dat ons verkiesingsproses ontwerp is om 'n gelyke groep Raadslede te verkies om hulle toe te laat om goed saam te werk, daarom maak ons nie daardie inligting bekend nie.
As 'n algemene reël maak ons ook nie bekend wie van ons onsuksesvolle kandidate die minste stemme ontvang het nie, aangesien ons hulle nie wil ontmoedig om weer 'n kandidaat te wees wanneer omstandighede en lede se belange anders mag wees nie.
Weereens, baie dankie aan elkeen wat aan elke fase van die verkiesing deelgeneem het! Ons hoop om u almal weer volgende jaar by die virtuele stembusse te sien.
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.