AO3 News

Post Header

OTW lidmaatskapwerwing, 18-20 Oktober

Onthou daardie eerste fanfik wat vir u wakker gehou het tot dagbreek? Of die fankuns of video wat gemaak het dat u al die skepper se ander werke gaan opgrawe het? Het u al ooit gaan soek vir stories wat skeppers geskryf het voordat u gebore is? U kan dit en meer vind op Fanlore – die wiki vir fanwerke, fanskeppers en fannish geskiedenis!

Fanlore is 'n projek wat deur die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) bestuur word met die doel om fans 'n plek te gee om hul geskiedenis, ervarings en tradisies te dokumenteer en te deel. Fanlore teken beide die geskiedenis en huidige stand van ons fangemeenskappe aan – fanwerke, fanaktiwiteite, fanterminologie, individuele fans en fannish-geleenthede. U kan lees oor hoe fandoms was in die ou dae en onvergeetlike gebeurtenisse in u eie fandoms dokumenteer, alles op Fanlore! Besoek die wiki se Nuwe Gebruiker Portaal of sluit aan by die Fanlore Discord-bediener om met ander redakteurs en gebruikers in aanraking te kom.

Ons sou nie hierdie gekoesterde stukkies fandomgeskiedenis kon bewaar sonder die skenkings van ons medefans en vrywilligers wat onvermoeid agter die skerms werk om al ons projekte aan die gang te hou nie. Soos altyd het ons 'n paar blink nuwe donasiegeskenke!

U kan kies om u liefde vir fandom te wys met van ons nuwe bedankingsgeskenke. Vir 'n donasie van VS$40 het ons 'n nuwe plakkerstel met gewilde Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) etikette. U kan 'n bufferplakker kry wat sê "my other car is a ship" (my ander kar is 'n skip) vir 'n donasie van VS$50. Vir 'n skenking van VS$75 of meer kan u u kruideniersware huis toe dra met 'n wit en rooi inkopiesak of u kan u liefde vir AO3 aankondig met ons reënboog-kudosborsspeld.

'n borsspeld met die AO3-logo en reënboogkleurige harte

bufferplakker met die woorde: my ander kar is 'n skip

inkopiesak met OTW-logo en TWC, Regsvoorspraak, Fanlore, Fanhackers, Oop Deure en AO3 links onderaan die logo U kan ook 'n herhalende donasie opstel en spaar vir die geskenk van u keuse. Kies die geskenk wat u wil hê, en as die totale waarde vir daardie donasie nie genoeg is vir die geskenk wat u gekies het nie, sal toekomstige donasies toegepas word op die geskenk waarvoor u spaar. Diegene in die VSA kan ook hulle bydrae verdubbel via bypassende werkgewersbydrae-programme: kontak u HR-afdeling om uit te vind of dit 'n opsie is. 'n Donasie van VS$10 of meer sal u ook toelaat om 'n lid van die OTW te word. OTW-lede kan vir die Raad van Direkteure – die OTW se beheerliggaam – stem. Deur nou te skenk en die "I wish to be a member" (Ek wil graag 'n lid word)-blokkie te merk, sal u in aanmerking kom om in die 2025 OTW-raadsverkiesing te stem. Ons hoop dat baie van u hierdie geleentheid sal gebruik om te skenk en lede te word om projekte soos Fanlore, Open Doors (Oop Deure), Legal Advocacy (Regsvoorspraak), Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke en Kultuur), en die AO3 te ondersteun. U bydraes help om ons projekte suksesvol te hou vir nuwe sowel as jarelange fans!


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.