Post Header
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se April lidmaatskapwerwing is verby en ons is bly om te kan deel dat ons altesaam VS$269 766,01 ingesamel het, wat ons teiken van VS$75 000,00 ver oorskry het. Hierdie donasies kom vanaf 8 216 mense in 82 lande. Dankie aan elkeen van julle, asook aan almal wat nuus oor die werwing op sosiale media gedeel het!
Ons is veral bly dat 7 064 van ons skenkers gekies het om lidmate te word, of deur hulle donasie hul OTW lidmaatskap te hernu. Die OTW sou nie bestaan sonder sy gebruikers regoor die wêreld nie, en jul aanhoudende ondersteuning is ons trots! Ons is bly dat ons voortdurende missie om die geskiedenis van fanwerke en fankultuur te ondersteun, beskerm en toegangklik te maak steeds aanklank vind by die mense wie vir ons mees belangrik is: die fans self.
As jy beplan het om te skenk of aan te sluit as 'n lidmaat en dit nog nie gedoen het nie, moenie bekommerd wees nie! Die OTW aanvaar heel jaar donasies en jy kan enige tyd kies om 'n lidmaat te word met 'n donasie van VS$10 of meer. Lidmaatskap duur vir een kalenderjaar vanaf die datum van die donasie, so as jy nou skenk sal jy kan stem in die 2025 OTW Raadsverkiesing, wat in Augustus plaasvind. Ons eksklusiewe bedankingsgeskenke is beskikbaar wanneer ook al jy skenk!
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.