Post Header
Kandidate Aankondiging
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) kondig graag die volgende kandidate vir die 2025 Verkiesing aan (in alfabetiese volgorde volgens voornaam):
- C. Ryan S.
- Elizabeth W.
- Harlan L.B.
Omdat ons 2 setels om te vul en 3 kandidate het, sal die 2025 verkiesing bestry word – dit wil sê die lede van die OTW sal stem vir die kandidate wie die setels sal vul.
Die Verkiesingskomitee is opgewonde om die kandidate aan al die lede van OTW voor te stel! In hierdie berig is daar skakels na kort Biografieë en Platforms wat die kandidate geskryf het. Inligting oor die stemtydperk en hoe om te stem sal ook binnekort geplaas word.
Intussen is daar 'n tydlyn van verkiesingsgebeurtenisse hier beskikbaar vir jou om na te verwys. Lees verder om meer te wete te kom oor ons kandidate en hoe jy vrae vir hulle kan indien!
Platforms en Biografieë
Ons het elke kandidaat gevra om vir ons 'n biografie te gee wat hulle professionele en fannish ondervinding opsom. Hulle moes ook 'n Platform skryf oor hul doelwitte vir hul termyn op die Raad deur die volgende vrae te beantwoord:
- Hoekom het jy besluit om te staan vir verkiesing tot die Raad?
- Watter vaardighede en/of ondervinding sal jy na die Raad bring?
- Kies een of twee doelwitte vir die OTW wat vir jou belangrik is en waaraan jy gedurende jou termyn wil werk. Hoekom is hierdie doelwitte vir jou van waarde? Hoe sal jy saam met ander werk om die doelwitte te bereik?
- Wat is jou ervaring met die OTW se projekte en hoe sou jy met die betrokke komitees saamwerk om hulle te ondersteun en te versterk? Probeer om 'n reeks projekte in te sluit, maar beklemtoon gerus die spesifieke projekte waarmee jy ervaring het.
- Hoe sou jy jou Raadswerk balanseer met ander rolle in die OTW, of hoe beplan jy om jou huidige rolle oor te gee om op Raadswerk te konsentreer?
Jy kan beide die kandidate se antwoorde op hierdie vrae en hulle biografieë lees deur die onderstaande skakels te volg.
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.