Post Header
Noudat die 2025-verkiesing verby is, is ons bly om ons kiesersdeelname-statistiek met julle te deel!
Vir die 2025-verkiesing het ons 'n totaal van 15 138 stemgeregtigde kiesers gehad. Hiervan het 2 197 kiesers gestem, wat 14,5% van die moontlike kiesers verteenwoordig.
Ons kiesersdeelname is laer as dié van laasjaar, wat 'n deelname van 22,8% gehad het.
Ons het ook 'n afname in die aantal stemme gesien, van 3 415 na 2 197, wat 'n afname van 35,6% verteenwoordig.
Die Verkiesingskomitee is toegewy daaraan om ons stemgeregtigde lede te bereik, om hulle aan te moedig om in verkiesings te stem. Diegene wat tot die Raad van Direkteure verkies word, kan 'n belangrike invloed op die langtermyngesondheid van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se projekte hê en ons wil hê dat ons lede 'n sê daarin het.
Vir diegene wat belangstel in die aantal stemme wat elke kandidaat ontvang het, neem asseblief kennis dat ons verkiesingsproses ontwerp is om 'n gelyke groep Raadslede te verkies om hulle toe te laat om goed saam te werk, daarom maak ons nie daardie inligting bekend nie.
As 'n algemene reël maak ons ook nie bekend wie van ons onsuksesvolle kandidate die minste stemme ontvang het nie, aangesien ons hulle nie wil ontmoedig om weer 'n kandidaat te wees wanneer omstandighede en lede se belange anders mag wees nie.
Aangesien daar egter net 3 kandidate was, is die bekendmaking van hierdie inligting onvermydelik.
Weereens, baie dankie aan elkeen wat aan elke fase van die verkiesing deelgeneem het! Ons hoop om jullue almal weer volgende jaar by die virtuele stembusse te sien.
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is 'n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.