Post Header
Teen hierdie tyd moes alle stemgeregtigde lede van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) 'n e-pos ontvang het met 'n skakel na die steminstruksies vir 2025. Die onderwerp was "Voting Instructions for Organization for Transformative Works (OTW) Board Election" ("Steminstruksies vir die Verkiesing van die Organisasie vir Transformerende Werke (OTW) se Raad"). Let daarop dat enigiemand wat nie hierdie e-pos ontvang het nie, vanjaar nie op die kieserslys is nie en dus nie 'n stembrief sal ontvang nie.
Die e-pos oor stem-inligting bevat 'n skakel na 'n toetsweergawe van die stembrief. Volg asseblief die skakel om seker te maak dat die bladsy korrek vertoon en dat die kandidate sigbaar is. Indien nie, maak seker dat jy nie JavaScript blok vanaf ajax.googleapis.com en/of bootstrapcdn.com nie.
As jy 'n OTW-lid is en nie hierdie e-pos ontvang het nie, doen asseblief die volgende:
- Kyk na jou strooipos.
- As jy Gmail gebruik, soek deur jou Sosiale oortjie.
- As die e-pos as strooipos gemerk is, ontmerk dit. Andersins sal jy nie jou stembrief ontvang nie aangesien dit ook by jou strooipos sal opeindig.
- Indien daar nie 'n e-pos is nie, kyk na die datum op lou skenkingskwitansie.
- Om in hierdie verkiesing te stem moet jou kwitansie tussen 1 Julie 2024 en 30 Junie 2025 gedateer wees, insluitende beide datums.
- Indien jy per tjek betaal het word jou lidmaatskap uitgewerk volgens die aankomsdatum van die tjek. Jou donasie se kwitansie word volgens Gekoördineerde Universele Tyd (UTC) gedateer, so jy sal nie stemgeregtig wees indien jou donasie ná 30 Junie UTC op die kwitansie gelys word nie. As jy nie seker is of jou donasie voor die sperdatum gemaak is nie, kontak ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur "Is my membership current/Am I eligible to vote?" ("Is my lidmaatskap tans geldig/Kwalifiseer ek om te stem?") te selekteer op die kontakvorm op ons webtuiste.
- Indien jou donasie gedurende die geskikte tydperk gemaak is, maak seker dat jy die vakkie gemerk het om lid te word. Lidmaatskap is vrywillig vir diegene wat minstens VS$10 skenk; slegs lede kan stem.
- Indien jy wel lid geword het, maak seker dat jy geen e-posse van die OTW af as strooipos gemerk het nie, en nie gekies het om nie OTW-e-posse—of laas jaar se stembrief— te ontvang nie. As jy dit wel gedoen het en hierdie jaar wil stem, moet jy stap 5 hieronder volg.
- Indien jy gedurende die kwalifiserende periode minstens VS$10 geskenk het en jy die vakkie gemerk het om 'n lid te word, moet jy asseblief die Verkiesings-Kontakvorm voltooi en die onderwerp "Is my membership current/Am I eligible to vote?" ("Is my lidmaatskap tans geldig/Kwalifiseer ek om te stem?") kies. Maak seker dat jy dieselfde e-pos adres gebruik wat jy gebruik het toe jy jou donasie gemaak het.
- Lidmaatskap het geen verband met of mens 'n gebruiker van Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) of Fanlore is nie. Moet asseblief nie jou AO3- of Fanlore-gebruikersnaam gee nie. Ons sal nie weet aan wie daardie naam behoort nie, en ons wil ook nie weet nie.
Belangriker nog, as jou e-pos met stem-inligting bons, as strooipos gemerk word, of as jy aan die e-posse ontrek het, sal jy nie 'n stembrief vir hierdie jaar se verkiesing ontvang nie en sal jy dalk nie volgende jaar 'n stembrief kry nie. Net so, as een van hierdie dinge met verlede jaar se verkiesings e-pos gebeur het, sal jy nie vanjaar 'n stembrief ontvang nie. As jy dus vroeër aan OTW e-posse ontrek het of dit as strooipos gemerk het maar wil stem, voltooi die Verkiesings-Kontakvorm en kies die onderwerp "Is my membership current/Am I eligible to vote?" ("Is my lidmaatskap tans geldig/Kwalifiseer ek om te stem?")
Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ’n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.