Wat is 'n uitnodiging?
Uitnodigings is nodig om 'n Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) rekening te skep. Hulle is beskikbaar in twee formate: die een is 'n skakel en die ander is 'n string letters en syfers (bekend as 'n teken).
Vir hulp met 'n skakeluitnodiging, gaan na Ek het die uitnodigingskakel ontvang. Hoe gebruik ek dit om 'n rekening te skep?
Vir hulp met 'n uitnodigingteken, gaan na Hoe gebruik ek 'n uitnodiging wat nie 'n skakel is nie?
As u nie 'n uitnodiging het nie en graag een wil kry, gaan na Hoe kry ek 'n uitnodiging?
Hoekom kan ek nie 'n rekening skep sonder 'n uitnodiging nie?
Ons gebruik die uitnodigingskode-sisteem sodat die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) op 'n beheerde manier kan groei. Ons moet geleidelik nuwe gebruikers byvoeg sodat ons rekeningnommers nie verder groei as wat ons hardeware, bandwydte en ondersteuningspan kan hanteer nie. Dit help ons om te verseker dat almal wat AO3 gebruik, die beste moontlike ervaring kry.
Hoe kry ek 'n uitnodiging?
U kan 'n uitnodiging ontvang van ons outomatiese waglys, of van 'n bestaande Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) gebruiker as hulle enige beskikbaar het.
Om 'n uitnodiging van ons outomatiese waglys te ontvang, kies die "Get Invited!" (Word Uitgenooi!) knoppie onder die welkomboodskap op ons tuisblad. U kan dan u e-pos byvoeg op die Uitnodigingsversoeke lys. Uitnodigings word gestuur op 'n eerste-kom-eerste-bedien-basis. Raadpleeg Hoe lank sal dit neem vir my om 'n uitnodiging te kry? vir meer inligting oor die status van u uitnodigingsversoek.
AO3-gebruikers kan nie meer nuwe uitnodigings aanvra nie, maar hulle kan die stuur wat hulle reeds het. Die uitsondering hierop is gebruikers wat 'n uitdaging bestuur (verwys na Hoe versoek ek uitnodigings vir 'n uitdaging wat ek bestuur?).
Hou in gedagte dat u AO3-gebruikersnaam en moontlik u e-posadres beskikbaar sal wees vir die persoon wat 'n rekeninguitnodiging vir u gestuur het. As u nie hierdie inligting wil deel nie, kan u verkies om eerder die outomatiese waglys te gebruik.
Vir meer inligting oor hoe 'n bestaande gebruiker 'n uitnodiging kan stuur, sien Ek het reeds 'n rekening. Hoe gee ek 'n uitnodiging aan iemand anders?
Hoe lank sal dit neem vir my om 'n uitnodiging te kry?
U kan inligting vind oor die huidige aantal mense op die waglys en hoeveel uitnodigings ons per dag stuur op die Invite Requests (Uitnodigingversoeke) bladsy. Hierdie inligting kan u help om te skat wanneer u 'n uitnodiging sal ontvang. Die aantal uitnodigings wat ons per dag kan stuur hang af van 'n aantal faktore, so die koers kan verander. Om by hierdie bladsy uit te kom, maak die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) tuisblad oop terwyl u uitgeteken is, en kies die "Get Invited" (Word Uitgenooi) knoppie onder die welkomboodskap.
U kan ook kyk waar u op die lys is. Op die Uitnodigingversoeke-bladsy, kies "check your position on the waiting list" (kyk na u posisie op die waglys), voer die e-posadres in waarmee u 'n rekening aangevra het en kies dan die "Look me up" (Soek vir my) knoppie. U sal dan 'n skatting kry van wanneer u, u uitnodiging sal ontvang op grond van die koers waarteen ons uitnodigings uitstuur en waar u in die tou is.
Kan ek 'n donasie maak om vinniger 'n uitnodiging te kry?
Nee, ons bied nie Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) uitnodigings in ruil vir donasies nie. Ons is daartoe verbind om die AO3 as 'n gratis diens te bied vir alle fans wat dit wil gebruik, ongeag hul finansiële situasie. Daarom, alhoewel ons baie dankbaar is vir die finansiële ondersteuning van fans wat kies om te skenk aan die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke), sal u nie vinniger 'n uitnodiging daarvoor kry nie.
Ek het die uitnodigingskakel ontvang. Hoe gebruik ek dit om 'n rekening te skep?
As u 'n uitnodigingskakel ontvang het, kan u of die skakel kies, of die volledige skakel kopieer en plak in die adresbalk van u blaaier om toegang te kry tot die Nuwe Registrasie bladsy.
As u 'n uitnodiging ontvang het wat nie 'n skakel is nie, gaan na Hoe gebruik ek 'n uitnodiging wat nie 'n skakel is nie?
Hoe gebruik ek 'n uitnodiging wat nie 'n skakel is nie?
As 'n ander gebruiker 'n string letters en syfers aan u verskaf het, maar nie 'n skakel nie, gaan na die adresbalk van u blaaier en voer in https://archiveofourown.org/signup/####, maar vervang "####" met die string letters en syfers wat u gekry het. Dit behoort u na die Nuwe Registrasie bladsy te neem. Vir meer inligting oor hoe om van daar af voort te gaan, besoek Hoe skep ek 'n rekening?
Hoe versoek ek uitnodigings vir 'n uitdaging wat ek bestuur?
Om deel te neem aan geskenk uitruilings en prikkel-memes op Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie), het mens 'n rekening nodig.
As u rekeninge moet aanvra vir 'n uitdaging wat u bestuur, kontak die Ondersteuningskomitee met die naam van die uitdaging, die datums wanneer inskrywings sal oop- en toemaak, die rekening van die uitdagingeienaar waarna die uitnodigings gestuur moet word en die aantal uitnodigings wat benodig word. Ondersteuning sal u versoek beantwoord sodra die uitnodigings by u rekening gevoeg is. U kan dit dan aan die deelnemers stuur deur die instruksies te volg op Ek het reeds 'n rekening. Hoe gee ek 'n uitnodiging aan iemand anders?
Ek het reeds 'n rekening. Hoe gee ek 'n uitnodiging aan iemand anders?
As u rekening ongestuurde uitnodigings het, kan u daardie uitnodigings aan ander gee deur die stappe hieronder te volg.
Om 'n uitnodiging aan iemand te gee:
- Teken in en gaan na u Paneelbord deur die begroeting "Hi, [username]!" (Hi, [gebruikersnaam]!) te kies en dan "My Dashboard" (My Paneelbord) uit die kieslys te selekteer, of deur u profielbeeld te kies.
- Kies die "Invitations" (Uitnodigings) knoppie regs bo aan die blad (of onder die titel met u gebruikersnaam op mobiele toestelle). Dit sal u vat na die Uitnodigings bladsy, wat 'n opsomming sal gee van hoeveel uitnodigings u beskikbaar het.
Vanaf die Uitnodigings bladsy is daar 'n paar opsies:
- Voer die e-posadres in van die persoon wat u wil uitnooi, kies 'n uitnodigingskode wat gelys word (tot vyf van u beskikbare uitnodigings sal gelys word), en kies die "Send Invitation" (Stuur Uitnodiging) knoppie.
- Kopieer die uitnodigings-URL en stuur dit direk aan die persoon. Om dit te doen:
- Kies die "Manage Invitations" (Bestuur Uitnodigings) knoppie regs bo aan die bladsy op 'n rekenaar (of onder die "Invite a friend" (Nooi 'n vriend) opskrif op mobiele toestelle). Dit sal u vat na 'n bladsy wat die status van al die uitnodigings wat aan u rekening beskikbaar gemaak is lys, insluitende die wat al gebruik is.
- Van die "copy and use" (kopie en gebruik) teksarea, kopieer die URL (moet dit nie oopmaak nie) van enige van die uitnodigings wat nog nie gebruik is nie. Hoe u dit doen hang af van u rekenaar of toestel:
- Op 'n Windows rekenaar: regs-kliek op die skakel en kies die "kopieer skakel" opsie (presiese bewoording sal verskil afhangende van u blaaier).
- Op MacOS: ctrl-kliek op die skakel en kies die "kopieer skakel" opsie (presiese bewoording sal verskil afhangende van u blaaier).
- Op 'n mobiele toestel: druk vir lank op die skakel en kies die "kopieer skakel" opsie (presiese bewoording sal verskil afhangende van u blaaier).
- Plak die skakel in 'n chat- of teksvenster, e-pos, of ander kommunikasiemetode, en stuur dit aan die persoon wat u nooi. Hulle kan dan hierdie skakel volg om 'n rekening oop te maak.
Anders kan u ook die uitnodigingteken (die string letters en syfers) kopieer en dit stuur aan die persoon wat u nooi. Hulle sal dan die instruksies moet volg by Hoe gebruik ek 'n uitnodiging wat nie 'n skakel is nie?
U kan altyd uitnodigings weer stuur en die aangehegte e-posadres wysig solank die uitnodiging nog nie gebruik is nie. Deur die e-posadres te wysig, kan u ongeëiste uitnodigings herwin en dit weer aan ander gebruikers stuur. Vir meer inligting, verwys na
Ek is 'n AO3 gebruiker. Hoe bestuur ek my uitnodigings?
As u geen uitnodigings beskikbaar het nie, sal enigiemand wat u wil nooi 'n uitnodiging moet versoek deur die Uitnodigingversoeke bladsy. Alhoewel daar 'n "Request Invitations" (Versoek Uitnodigings) knoppie op die Uitnodigings en Bestuur uitnodigings bladsye is, sal die seleksie van daardie knoppie nie meer 'n uitnodigingsversoek-proses begin nie. As u uitnodigings moet versoek vir 'n geskenk uitruiling of prikkel-meme wat u bestuur, gaan na Hoe versoek ek uitnodigings vir 'n uitdaging wat ek bestuur? vir meer inligting.
Ek is 'n AO3 gebruiker. Hoe bestuur ek my uitnodigings?
- Teken in en gaan na u Paneelbord deur die begroeting "Hi, [username]!" (Hi, [gebruikersnaam]!) te kies en dan "My Dashboard" (My Paneelbord) uit die kieslys te selekteer, of deur u profielbeeld te selekteer.
- Kies die "Invitations" (Uitnodigings) knoppie regs bo aan die blad (of onder die titel met u gebruikersnaam op mobiele toestelle). Dit sal u vat na die Uitnodigings bladsy, wat 'n opsomming sal gee van hoeveel uitnodigings u beskikbaar het.
- Kies die "Manage Invitations" (Bestuur Uitnodigings) knoppie regs bo aan die bladsy op 'n rekenaar (of onder die "Invite a friend" (Nooi 'n vriend) opskrif op mobiele toestelle). Dit sal u vat na 'n bladsy wat die status van al die uitnodigings wat aan u rekening beskikbaar gemaak is lys, insluitende die wat al gebruik is.
U kan u uitnodigings volgens hulle status filtreer vanaf die Bestuur Uitnodigings bladsy. Om dit te doen, kies enige van die "Unsent (#)" (Nie gestuur nie), "Sent But Unused (#)" (Gestuur maar nie gebruik nie), "Used (#)" (Gebruik), of "All" (Almal) knoppies op die boonste ry.
Uitnodigings wat op u "Unsent (#)" bladsy gelys word is beskikbaar vir gebruik en kan uitgedeel word. Die "Used (#)" bladsy bevat die gebruikersnaam, en moontlik die e-posadres, van die persoon wat 'n rekening met die uitnodiging geskep het. Sodra 'n uitnodiging gebruik is om 'n rekening te skep, kan dit nie weer gebruik word nie.
In die kategorie "Sent But Unused (#)" kan u ongebruikte uitnodigings hersien en, indien nodig, die ontvanger van die uitnodiging se e-posadres verander of opdateer. Deur 'n teken in die linkerkolom te kies, sal u na die Wys Uitnodiging bladsy gevat word, wat inligting oor die uitnodiging vertoon. Om die e-posadres op te dateer, voer 'n nuwe een in die verskafde teksboks in en kies die "Update Invitation" knoppie in die regter onderste hoek. U kan ook die uitnodiging kopieer en dit weer aan die ontvanger stuur. Vir meer inligting, raadpleeg Ek het reeds 'n rekening. Hoe gee ek 'n uitnodiging aan iemand anders?
Waar kan ek meer inligting kry as my vraag nie hier beantwoord is nie?
Sommige vrae wat gereeld gevra word oor die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) word in ander afdelings van die AO3 Algemene Vrae beantwoord en sommige algemene terme is gedefinieer in ons Woordelys. Vrae en antwoorde oor ons diensvoorwaardes kan gevind word in die Diensvoorwaardes Algemene Vrae. U mag dalk ook belangstel in ons Bekende Probleme. Indien u meer hulp nodig het, dien gerus 'n ondersteuningsversoek in.