Post Header
Gedurende die afgelope jaar het die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) Finansiekomitee soos altyd verseker dat die organisasie se rekeninge betaal, die inkomstebelastingopgawes ingedien en alle standaard rekeningkundige riglyne en finansiële nakomingsvereistes gevolg word. Voorbereiding vir die 2023 oudit van finansiële state gaan voort!
Die span het ook ywerig gewerk aan die hersiende 2024 begroting en bied dit graag hier aan (kry toegang tot die 2024 begroting-sigblad vir meer gedetailleerde inligting):
2024 Uitgawes
Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie)
- VS$250 381,02 sover spandeer uit ’n totaal van VS$416 441,01 vir die jaar, tot op 30 September 2024.
- 55,0% van die OTW se uitgawes gaan aan die onderhoud van die AO3. Dit sluit die meerderheid van ons bediener-uitgawes—beide nuwe aankope sowel as deurlopende kolokasie en onderhoud—webwerfwerkverrigting moniteringshulpmiddels, en verskeie stelsel-verwante lisensies, sowel as ander kostes wat hieronder uitgewys is (kry toegang tot alle programuitgawes).
- Hierdie jaar se beraamde AO3 uitgawes sluit ook VS$120 000 in om nuwe bedieners aan te koop, sowel as VS$15 000 vir bediener-verwante toerusting om bestaande bediener-kapasiteit te verhoog om die jaar se verwagte groei in webwerfverkeer te hanteer.
Fanlore
- VS$13 986,47 spandeer uit ’n totaal van VS$24 160,27 vir die jaar, tot op 30 September 2024.
- Fanlore se uitgawes bestaan uit sy deel van die toegewysde bedienershardeware en instandhouding- en kolokasie-kostes, sowel as sy porsie van verskeie OTW-wye produktiwiteitshulpmiddels (kry toegang tot alle programuitgawes).
Transformative Works and Cultures – TWC (Transformerende Werke en Kultuur)
- VS$3 488,74 sover spandeer uit ’n totaal van VS$5 444,70 vir die jaar, tot op 30 September 2024.
- TWC se uitgawes is die gasheerkostes vir die joernaal se webtuiste, uitgewerskostes en stoorgelde, sowel as sy porsie van verskeie OTW-wye produktiwiteitshulpmiddels (kry toegang tot alle programuitgawes).
- Daarby het die Universiteit van Amsterdam €1 000 (VS$1 061) aan TWC in 2023 verskaf wat gebruik sal word om die Fans of Color Research Prize te help befonds.
Open Doors (Oop Deure)
- VS$6 899,70 sover spandeer uit ’n totaal van VS$9 344,33 vir die jaar, tot op 30 September 2024.
- Oop Deure se uitgawes bestaan uit gasheer- en rugsteunkostes en die domeinkostes vir ingevoerde fanwerkargiewe, sowel as sy porsie van verskeie OTW-wye produktiwiteitshulpmiddels (kry toegang tot alle programuitgawes).
Legal Advocacy (Regsvoorspraak)
- VS$304,50 sover spandeer uit ’n totaal van VS$2 892,15 vir die jaar, tot op 30 September 2024.
- Regsvoorspraak se uitgawes bestaan uit registrasiefooie vir konferensies en verhore en fondse wat opsy gesit is vir hof indienings, indien nodig, sowel as sy porsie van verskeie OTW-wye produktiwiteitshulpmiddels (kry toegang tot alle programuitgawes).
Fondsinsameling en Ontwikkeling
- VS$107 433,57 sover spandeer uit ’n totaal van VS$152 399,47 vir die jaar, tot op 30 September 2024.
- Ons fondsinsameling en ontwikkelings onkostes bestaan uit transaksiefooie wat deur ons derdeparty-betalingsverwerkers gehef word vir elke donasie; die aankoop en pos van bedankings-geskenke; uitreikwerk deur vrywilligers by verskeie fankonvensies; en die hulpmiddels wat gebruik word vir die gasheer van die OTW-lidmaatskapdatabasis en om kommunikasie met skenkers en potensiële skenkers dop te hou; sowel as sy porsie van verskeie OTW-wye produktiwiteitshulpmiddels (kry toegang tot alle fondsinsamelinguitgawes).
Administrasie
- VS$111 698,97 sover spandeer uit ’n totaal van VS$147 099,75 vir die jaar, tot op 30 September 2024.
- The OTW se administratiewe uitgawes sluit in ons webtuiste, handelsmerke, domeine, versekering, belasting indiening en die jaarlikse oudit van finansiële state, sowel as produktiwiteit-, bestuur- en rekeningkundige hulpmiddels (kry toegang tot alle administrasieuitgawes).
2024 Inkomste
- Die OTW word volledig ondersteun deur u donasies—dankie vir u vrygewigheid!
- Ons ontvang ’n beduidende gedeelte van ons jaarlikse skenkings gedurende die April en Oktober fondsinsameling-werwings, wat saam verantwoordelik is vir ongeveer 33,8% van ons inkomste vir 2024. Ons ontvang ook skenkings via bypassende werkgewersbydrae-programme, tantieme, en PayPal Giving Fund, wat donasies van programme soos Humble Bundle en eBay for Charity bestuur. As u ons wil ondersteun terwyl u aankope maak op daardie webtuistes, kies asseblief die Organization for Transformative Works as u liefdadigheidsorganisasie!
- Danksy u vrygewigheid tydens vorige jare het ons ’n gesonde bedrag reserwefondse wat ons kan gebruik om aankope te maak wat groter is as gewoonlik. Dit is dan ook beskikbaar in geval van onvoorsiende regsuitgawes. Soos ons voorheen genoem het, hou ons aan om die kapasiteit van die AO3-bedieners op te gradeer, wat bedienertoerusting- en bediener-gasheerkostes aansienlik sal verhoog. Soos die AO3 en ander OTW projekte groei, spandeer ons ook meer aan hulpmiddels en tegnologie om ons vrywilligers te ondersteun—soos die hulpmiddels wat deur verskeie komitees gebruik word om gebruikers te help en met hulle te kommunikeer, sowel as hulpmiddels wat ons gebruik om op hoogte te bly met interne projekte—wat uitgawes verder verhoog.
- VS$651 741,98 tot dusver ontvang (tot op 30 September 2024) en dit word geprojekteer dat VS$762 433,91 ontvang sal word teen die einde van die jaar.
Enige vrae?
Indien u enige vrae oor die begroting of oor die OTW se finansies het, kontak asseblief die Finansiekomitee. Ons sal so gou as moontlik met u in verbinding tree!
Om ’n sigblad van die OTW se hersiende 2024 begrotings af te laai, volg asseblief hierdie skakel.